Terug na Romeine

Romeine 15

Status van die hoofstuk: konsep

Grondteks & Engels

Sien jy iets wat nie reg is nie? Tik op 'n versnommer om die vers na te gaan of 'n verandering voor te stel.

1Ons wat sterk is, behoort egter die swakhede van die wat nie sterk is nie te dra, en nie onsself te behaag nie.Ὀφείλομεν δὲ ἡμεῖς οἱ δυνατοὶ τὰ ἀσθενήματα τῶν ἀδυνάτων βαστάζειν, καὶ μὴ ἑαυτοῖς ἀρέσκειν.We who are strong ought to bear with the shortcomings of the weak and not to please ourselves. 2Laat elkeen van ons sy naaste behaag met die oog op die goeie, tot opbou.ἕκαστος ἡμῶν τῷ πλησίον ἀρεσκέτω εἰς τὸ ἀγαθὸν πρὸς οἰκοδομήν·Each of us should please his neighbor for his good, to build him up. 3Want ook Christus het nie Homself behaag nie; maar soos geskrywe is: “Die smaadwoorde van dié wat U smaad, het op my geval.”
aAanhaling uit Psalm 69:10.
καὶ γὰρ ὁ Χριστὸς οὐχ ἑαυτῷ ἤρεσεν· ἀλλὰ καθὼς γέγραπται· Οἱ ὀνειδισμοὶ τῶν ὀνειδιζόντων σε ἐπέπεσαν ἐπʼ ἐμέ.For even Christ did not please Himself, but as it is written: “The insults of those who insult You have fallen on Me.”
4Want alles wat tevore geskryf is, is tot ons onderrig geskryf, sodat ons deur die volharding en deur die vertroosting van die Skrifte die hoop kan hê.ὅσα γὰρ προεγράφη, ⸀εἰς τὴν ἡμετέραν διδασκαλίαν ⸀ἐγράφη, ἵνα διὰ τῆς ὑπομονῆς καὶ διὰ τῆς παρακλήσεως τῶν γραφῶν τὴν ἐλπίδα ἔχωμεν.For everything that was written in the past was written for our instruction, so that through endurance and the encouragement of the Scriptures, we might have hope. 5Mag die God van die volharding en van die vertroosting aan julle gee om dieselfde gesindheid onder mekaar te hê, volgens Christus Jesus,ὁ δὲ θεὸς τῆς ὑπομονῆς καὶ τῆς παρακλήσεως δῴη ὑμῖν τὸ αὐτὸ φρονεῖν ἐν ἀλλήλοις κατὰ ⸂Χριστὸν Ἰησοῦν⸃,Now may the God who gives endurance and encouragement grant you harmony with one another in Christ Jesus, 6sodat julle eendragtig, met een mond, die God en Vader van ons Here Jesus Christus kan verheerlik.ἵνα ὁμοθυμαδὸν ἐν ἑνὶ στόματι δοξάζητε τὸν θεὸν καὶ πατέρα τοῦ κυρίου ἡμῶν Ἰησοῦ Χριστοῦ.so that with one mind and one voice you may glorify the God and Father of our Lord Jesus Christ.
7Neem daarom mekaar aan, soos ook Christus julle aangeneem het, tot heerlikheid van God.
aSommige manuskripte lees: ons aangeneem het.
Διὸ προσλαμβάνεσθε ἀλλήλους, καθὼς καὶ ὁ Χριστὸς προσελάβετο ⸀ὑμᾶς, εἰς δόξαν ⸀τοῦ θεοῦ.Accept one another, then, just as Christ accepted you, in order to bring glory to God.
8Want ek sê dat Christus ’n dienaar van die besnydenis geword het ter wille van die waarheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig,λέγω ⸀γὰρ ⸀Χριστὸν διάκονον ⸀γεγενῆσθαι περιτομῆς ὑπὲρ ἀληθείας θεοῦ, εἰς τὸ βεβαιῶσαι τὰς ἐπαγγελίας τῶν πατέρων,For I tell you that Christ has become a servant of the circumcised on behalf of God’s truth, to confirm the promises made to the patriarchs, 9en dat die nasies God verheerlik oor barmhartigheid; soos geskrywe is: “Daarom sal ek U loof onder die nasies, en vir U naam psalms sing.”
aAanhaling uit Psalm 18:50.
τὰ δὲ ἔθνη ὑπὲρ ἐλέους δοξάσαι τὸν θεόν· καθὼς γέγραπται· Διὰ τοῦτο ἐξομολογήσομαί σοι ἐν ἔθνεσι, καὶ τῷ ὀνόματί σου ψαλῶ.so that the Gentiles may glorify God for His mercy. As it is written: “Therefore I will praise You among the Gentiles; I will sing hymns to Your name.”
10En weer sê hy: “Verbly julle, nasies, saam met Sy volk.”
aAanhaling uit Deuteronomium 32:43.
καὶ πάλιν λέγει· Εὐφράνθητε, ἔθνη, μετὰ τοῦ λαοῦ αὐτοῦ.Again, it says: “Rejoice, O Gentiles, with His people.”
11En weer: “Loof die Here, al die nasies, en laat al die volke Hom prys.”
aAanhaling uit Psalm 117:1.
καὶ πάλιν· Αἰνεῖτε, ⸂πάντα τὰ ἔθνη, τὸν κύριον⸃, καὶ ⸀ἐπαινεσάτωσαν αὐτὸν πάντες οἱ λαοί.And again: “Praise the Lord, all you Gentiles, and extol Him, all you peoples.”
12En weer sê Jesaja: “Die wortel van Isai sal daar wees, en hy wat opstaan om oor nasies te heers; op hom sal nasies hoop.”
aAanhaling uit Jesaja 11:10.
καὶ πάλιν Ἠσαΐας λέγει· Ἔσται ἡ ῥίζα τοῦ Ἰεσσαί, καὶ ὁ ἀνιστάμενος ἄρχειν ἐθνῶν· ἐπʼ αὐτῷ ἔθνη ἐλπιοῦσιν.And once more, Isaiah says: “The Root of Jesse will appear, One who will arise to rule over the Gentiles; in Him the Gentiles will put their hope.”
13Mag die God van die hoop julle vervul met alle vreugde en vrede terwyl julle glo, sodat julle oorvloedig mag wees in die hoop, in die krag van die Heilige Gees.ὁ δὲ θεὸς τῆς ἐλπίδος πληρώσαι ὑμᾶς πάσης χαρᾶς καὶ εἰρήνης ἐν τῷ πιστεύειν, εἰς τὸ περισσεύειν ὑμᾶς ἐν τῇ ἐλπίδι ἐν δυνάμει πνεύματος ἁγίου.Now may the God of hope fill you with all joy and peace as you believe in Him, so that you may overflow with hope by the power of the Holy Spirit.
14Maar ek is self ook oortuig aangaande julle, my broers en susters, dat julle self ook vol goedheid is, vervul met alle kennis, en in staat om mekaar ook te vermaan.
aSommige manuskripte lees: om ook ander te vermaan.
Πέπεισμαι δέ, ἀδελφοί μου, καὶ αὐτὸς ἐγὼ περὶ ὑμῶν, ὅτι καὶ αὐτοὶ μεστοί ἐστε ἀγαθωσύνης, πεπληρωμένοι ⸀πάσης γνώσεως, δυνάμενοι καὶ ⸀ἀλλήλους νουθετεῖν.I myself am convinced, my brothers, that you yourselves are full of goodness, brimming with knowledge, and able to instruct one another.
15Maar ek het ten dele stoutmoediger aan julle geskryf, soos iemand wat julle weer herinner, op grond van die genade wat deur God aan my gegee is,⸀τολμηρότερον δὲ ἔγραψα ⸀ὑμῖν ἀπὸ μέρους, ὡς ἐπαναμιμνῄσκων ὑμᾶς, διὰ τὴν χάριν τὴν δοθεῖσάν μοι ⸀ὑπὸ τοῦ θεοῦHowever, I have written you a bold reminder on some points, because of the grace God has given me 16om 'n bedienaar van Christus Jesus vir die nasies te wees, wat as priester die evangelie van God dien, sodat die offer van die nasies aanneemlik kan word, geheilig in die Heilige Gees.εἰς τὸ εἶναί με λειτουργὸν ⸂Χριστοῦ Ἰησοῦ⸃ εἰς τὰ ἔθνη, ἱερουργοῦντα τὸ εὐαγγέλιον τοῦ θεοῦ, ἵνα γένηται ἡ προσφορὰ τῶν ἐθνῶν εὐπρόσδεκτος, ἡγιασμένη ἐν πνεύματι ἁγίῳ.to be a minister of Christ Jesus to the Gentiles in the priestly service of the gospel of God, so that the Gentiles might become an offering acceptable to God, sanctified by the Holy Spirit. 17Ek het dus die roem in Christus Jesus in die dinge wat God aangaan.ἔχω οὖν ⸀τὴν καύχησιν ἐν Χριστῷ Ἰησοῦ τὰ πρὸς τὸν θεόν·Therefore I exult in Christ Jesus in my service to God. 18Want ek sal nie waag om iets te spreek van wat Christus nie deur my bewerk het nie, tot gehoorsaamheid van die nasies, in woord en daad,οὐ γὰρ τολμήσω ⸂τι λαλεῖν⸃ ὧν οὐ κατειργάσατο Χριστὸς διʼ ἐμοῦ εἰς ὑπακοὴν ἐθνῶν, λόγῳ καὶ ἔργῳ,I will not presume to speak of anything except what Christ has accomplished through me in leading the Gentiles to obedience by word and deed, 19deur die krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees; sodat ek van Jerusalem af en rondom tot by Illirikum die evangelie van Christus ten volle verkondig het.
aSommige manuskripte lees: die Gees van God; ander manuskripte lees: die Heilige Gees.
bLetterlik: die evangelie van Christus vervul het.
ἐν δυνάμει σημείων καὶ τεράτων, ἐν δυνάμει ⸀πνεύματος· ὥστε με ἀπὸ Ἰερουσαλὴμ καὶ κύκλῳ μέχρι τοῦ Ἰλλυρικοῦ πεπληρωκέναι τὸ εὐαγγέλιον τοῦ Χριστοῦ,by the power of signs and wonders, and by the power of the Spirit of God. So from Jerusalem all the way around to Illyricum, I have fully proclaimed the gospel of Christ.
20En so het ek dit as my eer beskou om die evangelie te verkondig, nie waar Christus reeds genoem is nie, sodat ek nie op ’n ander se fondament sou bou nie,οὕτως δὲ ⸀φιλοτιμούμενον εὐαγγελίζεσθαι οὐχ ὅπου ὠνομάσθη Χριστός, ἵνα μὴ ἐπʼ ἀλλότριον θεμέλιον οἰκοδομῶ,In this way I have aspired to preach the gospel where Christ was not known, so that I would not be building on someone else’s foundation. 21maar soos geskrywe is: “Dié aan wie niks oor hom verkondig is nie, sal sien, en dié wat nie gehoor het nie, sal verstaan.”
aAanhaling uit Jesaja 52:15.
ἀλλὰ καθὼς γέγραπται· ⸂Οἷς οὐκ ἀνηγγέλη περὶ αὐτοῦ ὄψονται⸃, καὶ οἳ οὐκ ἀκηκόασιν συνήσουσιν.Rather, as it is written: “Those who were not told about Him will see, and those who have not heard will understand.”
22Daarom is ek ook dikwels verhinder om na julle te kom;Διὸ καὶ ἐνεκοπτόμην τὰ πολλὰ τοῦ ἐλθεῖν πρὸς ὑμᾶς·That is why I have often been hindered from coming to you. 23maar noudat ek nie meer plek het in hierdie streke nie, en al heelwat jare 'n verlange het om na julle te kom,νυνὶ δὲ μηκέτι τόπον ἔχων ἐν τοῖς κλίμασι τούτοις, ἐπιποθίαν δὲ ἔχων τοῦ ἐλθεῖν πρὸς ὑμᾶς ἀπὸ ⸀ἱκανῶν ἐτῶν,But now that there are no further opportunities for me in these regions, and since I have longed for many years to visit you, 24wanneer ek na Spanje reis — want ek hoop om op my deurreis julle te sien en deur julle daarheen op weg gebring te word, as ek eers ten dele van julle versadig is —
aSommige manuskripte lees: na Spanje reis, sal ek na julle kom.
ὡς ⸀ἂν πορεύωμαι εἰς τὴν ⸀Σπανίαν, ἐλπίζω γὰρ διαπορευόμενος θεάσασθαι ὑμᾶς καὶ ὑφʼ ὑμῶν προπεμφθῆναι ἐκεῖ ἐὰν ὑμῶν πρῶτον ἀπὸ μέρους ἐμπλησθῶ—I hope to see you on my way to Spain. And after I have enjoyed your company for a while, you can equip me for my journey.
25Maar nou reis ek na Jerusalem om die heiliges te dien.νυνὶ δὲ πορεύομαι εἰς Ἰερουσαλὴμ διακονῶν τοῖς ἁγίοις.Now, however, I am on my way to Jerusalem to serve the saints there. 26Want Masedonië en Agaje het dit goed gedink om 'n sekere bydrae te maak vir die armes onder die heiliges wat in Jerusalem is.
aLetterlik: 'n sekere gemeenskap te maak.
εὐδόκησαν γὰρ Μακεδονία καὶ Ἀχαΐα κοινωνίαν τινὰ ποιήσασθαι εἰς τοὺς πτωχοὺς τῶν ἁγίων τῶν ἐν Ἰερουσαλήμ.For Macedonia and Achaia were pleased to make a contribution for the poor among the saints in Jerusalem.
27Want hulle het dit goedgedink, en hulle is ook hulle skuldenaars; want as die nasies in hulle geestelike dinge gedeel het, is hulle ook verskuldig om hulle in die vleeslike dinge te dien.εὐδόκησαν γάρ, καὶ ὀφειλέται ⸂εἰσὶν αὐτῶν⸃· εἰ γὰρ τοῖς πνευματικοῖς αὐτῶν ἐκοινώνησαν τὰ ἔθνη, ὀφείλουσιν καὶ ἐν τοῖς σαρκικοῖς λειτουργῆσαι αὐτοῖς.They were pleased to do it, and indeed they owe it to them. For if the Gentiles have shared in their spiritual blessings, they are obligated to minister to them with material blessings. 28Wanneer ek dit dan voltooi het en hierdie vrug vir hulle verseël het, sal ek by julle verby na Spanje vertrek;τοῦτο οὖν ἐπιτελέσας, καὶ σφραγισάμενος αὐτοῖς τὸν καρπὸν τοῦτον, ἀπελεύσομαι διʼ ὑμῶν ⸀εἰς Σπανίαν·So after I have completed this service and have safely delivered this bounty to them, I will set off to Spain by way of you. 29En ek weet dat ek, wanneer ek na julle kom, in die volheid van die seën van Christus sal kom.
aSommige manuskripte lees: in die volheid van die seën van die evangelie van Christus.
οἶδα δὲ ὅτι ἐρχόμενος πρὸς ὑμᾶς ἐν πληρώματι ⸀εὐλογίας Χριστοῦ ἐλεύσομαι.I know that when I come to you, I will come in the fullness of the blessing of Christ.
30Maar ek doen 'n beroep op julle, broers en susters, deur ons Here Jesus Christus en deur die liefde van die Gees, om saam met my te stry in die gebede vir my tot God,Παρακαλῶ δὲ ὑμᾶς, ἀδελφοί, διὰ τοῦ κυρίου ἡμῶν Ἰησοῦ Χριστοῦ καὶ διὰ τῆς ἀγάπης τοῦ πνεύματος συναγωνίσασθαί μοι ἐν ταῖς προσευχαῖς ὑπὲρ ἐμοῦ πρὸς τὸν θεόν,Now I urge you, brothers, by our Lord Jesus Christ and by the love of the Spirit, to join me in my struggle by praying to God for me. 31dat ek verlos mag word van die ongehoorsames in Judea, en dat my diens aan Jerusalem vir die heiliges welgevallig mag wees,ἵνα ῥυσθῶ ἀπὸ τῶν ἀπειθούντων ἐν τῇ Ἰουδαίᾳ ⸀καὶ ἡ διακονία μου ἡ εἰς Ἰερουσαλὴμ εὐπρόσδεκτος ⸂τοῖς ἁγίοις γένηται⸃,Pray that I may be delivered from the unbelievers in Judea, and that my service in Jerusalem may be acceptable to the saints there, 32sodat ek met vreugde na julle kan kom deur die wil van God en saam met julle verkwik kan word.ἵνα ἐν χαρᾷ ⸀ἐλθὼν πρὸς ὑμᾶς διὰ θελήματος ⸀θεοῦ συναναπαύσωμαι ὑμῖν.so that by God’s will I may come to you with joy and together with you be refreshed. 33Mag die God van die vrede met julle almal wees. Amen.ὁ δὲ θεὸς τῆς εἰρήνης μετὰ πάντων ὑμῶν· ἀμήν.The God of peace be with all of you. Amen.