Terug na 1 Korintiërs

1 Korintiërs 9

Status van die hoofstuk: konsep

Grondteks & Engels

Sien jy iets wat nie reg is nie? Tik op 'n versnommer om die vers na te gaan of 'n verandering voor te stel.

1Is ek nie vry nie? Is ek nie ’n apostel nie? Het ek nie Jesus, ons Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?
aSommige manuskripte lees: Jesus Christus, ons Here.
Οὐκ εἰμὶ ⸂ἐλεύθερος; οὐκ εἰμὶ ἀπόστολος⸃; οὐχὶ ⸀Ἰησοῦν τὸν κύριον ἡμῶν ἑόρακα; οὐ τὸ ἔργον μου ὑμεῖς ἐστε ἐν κυρίῳ;Am I not free? Am I not an apostle? Have I not seen Jesus our Lord? Are you yourselves not my workmanship in the Lord?
2As ek vir ander nie 'n apostel is nie, is ek dit tog vir julle; want julle is die seël van my apostelskap in die Here.εἰ ἄλλοις οὐκ εἰμὶ ἀπόστολος, ἀλλά γε ὑμῖν εἰμι, ἡ γὰρ σφραγίς ⸂μου τῆς⸃ ἀποστολῆς ὑμεῖς ἐστε ἐν κυρίῳ.Even if I am not an apostle to others, surely I am to you. For you are the seal of my apostleship in the Lord. 3My verdediging teenoor die wat my ondersoek, is dit.Ἡ ἐμὴ ἀπολογία τοῖς ἐμὲ ἀνακρίνουσίν ⸂ἐστιν αὕτη⸃.This is my defense to those who scrutinize me: 4Het ons nie die reg om te eet en te drink nie?μὴ οὐκ ἔχομεν ἐξουσίαν φαγεῖν καὶ ⸀πεῖν;Have we no right to food and to drink? 5Het ons dan nie die reg om ’n suster as vrou saam rond te neem nie, soos ook die ander apostels en die broers van die Here en Kefas?
aLetterlik: ’n Suster as vrou: ’n gelowige vrou as eggenote.
μὴ οὐκ ἔχομεν ἐξουσίαν ἀδελφὴν γυναῖκα περιάγειν, ὡς καὶ οἱ λοιποὶ ἀπόστολοι καὶ οἱ ἀδελφοὶ τοῦ κυρίου καὶ Κηφᾶς;Have we no right to take along a believing wife, as do the other apostles and the Lord’s brothers and Cephas?
6Of het net ek en Barnabas nie die reg om nie te werk nie?ἢ μόνος ἐγὼ καὶ Βαρναβᾶς οὐκ ἔχομεν ἐξουσίαν ⸀μὴ ἐργάζεσθαι;Or are Barnabas and I the only apostles who must work for a living? 7Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant 'n wingerd en eet nie die vrug daarvan nie? Wie pas 'n kudde op en eet nie van die melk van die kudde nie?
aLetterlik: met sy eie soldy.
τίς στρατεύεται ἰδίοις ὀψωνίοις ποτέ; τίς φυτεύει ἀμπελῶνα καὶ ⸂τὸν καρπὸν⸃ αὐτοῦ οὐκ ἐσθίει; ⸀τίς ποιμαίνει ποίμνην καὶ ἐκ τοῦ γάλακτος τῆς ποίμνης οὐκ ἐσθίει;Who serves as a soldier at his own expense? Who plants a vineyard and does not eat of its fruit? Who tends a flock and does not drink of its milk?
8Sê ek dit op menslike wyse, of sê die wet dit nie ook nie?
aLetterlik: volgens ’n mens.
Μὴ κατὰ ἄνθρωπον ταῦτα λαλῶ ἢ ⸂καὶ ὁ νόμος ταῦτα οὐ⸃ λέγει;Do I say this from a human perspective? Doesn’t the Law say the same thing?
9Want in die wet van Moses is geskryf: “Jy mag nie ’n os wat dors, ’n muilband aansit nie.” Gee God om vir die osse,
aAanhaling uit Deuteronomium 25:4.
ἐν γὰρ τῷ Μωϋσέως νόμῳ γέγραπται· Οὐ ⸀κημώσεις βοῦν ἀλοῶντα. μὴ τῶν βοῶν μέλει τῷ θεῷ,For it is written in the Law of Moses: “Do not muzzle an ox while it is treading out the grain.” Is it about oxen that God is concerned?
10of sê Hy dit heeltemal ter wille van ons? Want ter wille van ons is dit geskrywe, dat die een wat ploeg, in hoop moet ploeg, en die een wat dors, in die hoop om te deel.
aSommige manuskripte lees: en die een wat dors, moet in hoop in sy hoop deel.
ἢ διʼ ἡμᾶς πάντως λέγει; διʼ ἡμᾶς γὰρ ἐγράφη, ὅτι ⸂ὀφείλει ἐπʼ ἐλπίδι⸃ ὁ ἀροτριῶν ἀροτριᾶν, καὶ ὁ ἀλοῶν ⸂ἐπʼ ἐλπίδι τοῦ μετέχειν⸃.Isn’t He actually speaking on our behalf? Indeed, this was written for us, because when the plowman plows and the thresher threshes, they should also expect to share in the harvest.
11As ons vir julle die geestelike dinge gesaai het, is dit iets groots as ons julle vleeslike dinge sal maai?εἰ ἡμεῖς ὑμῖν τὰ πνευματικὰ ἐσπείραμεν, μέγα εἰ ἡμεῖς ὑμῶν τὰ σαρκικὰ θερίσομεν;If we have sown spiritual seed among you, is it too much for us to reap a material harvest from you? 12As ander aan die reg op julle deel het, ons dan nie des te meer nie? Maar ons het nie van hierdie reg gebruik gemaak nie; ons verdra alles, sodat ons geen hindernis in die weg van die evangelie van Christus lê nie.εἰ ἄλλοι τῆς ⸂ὑμῶν ἐξουσίας⸃ μετέχουσιν, οὐ μᾶλλον ἡμεῖς; Ἀλλʼ οὐκ ἐχρησάμεθα τῇ ἐξουσίᾳ ταύτῃ, ἀλλὰ πάντα στέγομεν ἵνα μή ⸂τινα ἐγκοπὴν⸃ δῶμεν τῷ εὐαγγελίῳ τοῦ Χριστοῦ.If others have this right to your support, shouldn’t we have it all the more? But we did not exercise this right. Instead, we put up with anything rather than hinder the gospel of Christ. 13Weet julle nie dat die wat die heilige werk doen, van die tempel eet, en die wat by die altaar diens doen, saam met die altaar deel nie?οὐκ οἴδατε ὅτι οἱ τὰ ἱερὰ ἐργαζόμενοι ⸀τὰ ἐκ τοῦ ἱεροῦ ἐσθίουσιν, οἱ τῷ θυσιαστηρίῳ ⸀παρεδρεύοντες τῷ θυσιαστηρίῳ συμμερίζονται;Do you not know that those who work in the temple eat of its food, and those who serve at the altar partake of its offerings? 14So het die Here ook beveel dat die wat die evangelie verkondig, uit die evangelie moet lewe.οὕτως καὶ ὁ κύριος διέταξεν τοῖς τὸ εὐαγγέλιον καταγγέλλουσιν ἐκ τοῦ εὐαγγελίου ζῆν.In the same way, the Lord has prescribed that those who preach the gospel should receive their living from the gospel.
15Maar ek het van geen een van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek het dit nie geskryf sodat dit so met my sou gaan nie; want dit is vir my beter om te sterf as — niemand sal my roem tot niet maak nie.
aSommige manuskripte lees: dit is vir my beter om te sterf as dat iemand my roem tot niet sou maak.
bLetterlik: leeg maak.
Ἐγὼ δὲ ⸂οὐ κέχρημαι οὐδενὶ⸃ τούτων. οὐκ ἔγραψα δὲ ταῦτα ἵνα οὕτως γένηται ἐν ἐμοί, καλὸν γάρ μοι μᾶλλον ἀποθανεῖν ἤ— τὸ καύχημά μου ⸂οὐδεὶς κενώσει⸃.But I have not used any of these rights. And I am not writing this to suggest that something be done for me. Indeed, I would rather die than let anyone nullify my boast.
16Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie, want 'n noodsaak is op my gelê; want wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!ἐὰν γὰρ εὐαγγελίζωμαι, οὐκ ἔστιν μοι καύχημα, ἀνάγκη γάρ μοι ἐπίκειται· οὐαὶ ⸀γάρ μοί ἐστιν ἐὰν μὴ ⸀εὐαγγελίσωμαι.Yet when I preach the gospel, I have no reason to boast, because I am obligated to preach. Woe to me if I do not preach the gospel! 17Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is 'n rentmeesterskap aan my toevertrou.εἰ γὰρ ἑκὼν τοῦτο πράσσω, μισθὸν ἔχω· εἰ δὲ ἄκων, οἰκονομίαν πεπίστευμαι.If my preaching is voluntary, I have a reward. But if it is not voluntary, I am still entrusted with a responsibility. 18Wat is my loon dan? Dat ek, wanneer ek die evangelie verkondig, die evangelie kosteloos aanbied, sodat ek nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik maak nie.
aOf: sodat ek nie my reg in die evangelie misbruik nie.
τίς οὖν ⸀μού ἐστιν ὁ μισθός; ἵνα εὐαγγελιζόμενος ἀδάπανον θήσω τὸ ⸀εὐαγγέλιον, εἰς τὸ μὴ καταχρήσασθαι τῇ ἐξουσίᾳ μου ἐν τῷ εὐαγγελίῳ.What then is my reward? That in preaching the gospel I may offer it free of charge, and so not use up my rights in preaching it.
19Want hoewel ek vry is van almal, het ek myself aan almal slaaf gemaak, sodat ek die meeste kan wen.Ἐλεύθερος γὰρ ὢν ἐκ πάντων πᾶσιν ἐμαυτὸν ἐδούλωσα, ἵνα τοὺς πλείονας κερδήσω·Though I am free of obligation to anyone, I make myself a slave to everyone, to win as many as possible. 20en vir die Jode het ek soos 'n Jood geword, om Jode te wen; vir dié onder die wet soos een onder die wet, hoewel ek self nie onder die wet is nie, om dié onder die wet te wen;
aSommige manuskripte lees: vir dié onder die wet soos een onder die wet, om dié onder die wet te wen, sonder die woorde “hoewel ek self nie onder die wet is nie”.
καὶ ἐγενόμην τοῖς Ἰουδαίοις ὡς Ἰουδαῖος, ἵνα Ἰουδαίους κερδήσω· τοῖς ὑπὸ νόμον ὡς ὑπὸ νόμον, ⸂μὴ ὢν αὐτὸς ὑπὸ νόμον⸃, ἵνα τοὺς ὑπὸ νόμον κερδήσω·To the Jews I became like a Jew, to win the Jews. To those under the law I became like one under the law (though I myself am not under the law), to win those under the law.
21vir die wetteloses soos een wetteloos, hoewel ek nie wetteloos teenoor God is nie, maar gebonde aan die wet van Christus, sodat ek die wetteloses kan wen;τοῖς ἀνόμοις ὡς ἄνομος, μὴ ὢν ἄνομος ⸀θεοῦ ἀλλʼ ἔννομος ⸀Χριστοῦ, ἵνα ⸀κερδάνω ⸀τοὺς ἀνόμους·To those without the law I became like one without the law (though I am not outside the law of God but am under the law of Christ), to win those without the law. 22Vir die swakkes het ek swak geword, om die swakkes te wen; vir almal het ek alles geword, om in elk geval sommige te red.ἐγενόμην τοῖς ⸀ἀσθενέσιν ἀσθενής, ἵνα τοὺς ἀσθενεῖς κερδήσω· τοῖς πᾶσιν ⸀γέγονα πάντα, ἵνα πάντως τινὰς σώσω.To the weak I became weak, to win the weak. I have become all things to all people so that by all possible means I might save some. 23En alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek 'n mededeelgenoot daarvan kan word.⸀πάντα δὲ ποιῶ διὰ τὸ εὐαγγέλιον, ἵνα συγκοινωνὸς αὐτοῦ γένωμαι.I do all this for the sake of the gospel, so that I may share in its blessings.
24Weet julle nie dat die wat in ’n stadion hardloop, almal wel hardloop, maar een die prys ontvang nie? Hardloop so dat julle dit kan behaal.
aOngeveer 185 meter lank; dit was die lengte van die renbaan.
Οὐκ οἴδατε ὅτι οἱ ἐν σταδίῳ τρέχοντες πάντες μὲν τρέχουσιν, εἷς δὲ λαμβάνει τὸ βραβεῖον; οὕτως τρέχετε ἵνα καταλάβητε.Do you not know that in a race all the runners run, but only one receives the prize? Run in such a way as to take the prize.
25En elkeen wat aan die wedstryd deelneem, oefen selfbeheersing in alles; hulle dan om 'n verganklike oorwinnaarskrans te ontvang, maar ons 'n onverganklike.
aOf: kroon.
πᾶς δὲ ὁ ἀγωνιζόμενος πάντα ἐγκρατεύεται, ἐκεῖνοι μὲν οὖν ἵνα φθαρτὸν στέφανον λάβωσιν, ἡμεῖς δὲ ἄφθαρτον.Everyone who competes in the games trains with strict discipline. They do it for a crown that is perishable, but we do it for a crown that is imperishable.
26Ek hardloop dus só, nie soos een wat onseker is nie; ek boks só, nie soos een wat die lug slaan nie;ἐγὼ τοίνυν οὕτως τρέχω ὡς οὐκ ἀδήλως, οὕτως πυκτεύω ὡς οὐκ ἀέρα δέρων·Therefore I do not run aimlessly; I do not fight like I am beating the air. 27maar ek slaan my liggaam bont en blou en maak dit slaaf, sodat ek nie dalk, nadat ek vir ander verkondig het, self afgekeur word nie.
aLetterlik: ek slaan my liggaam onder die oog.
ἀλλὰ ὑπωπιάζω μου τὸ σῶμα καὶ δουλαγωγῶ, μή πως ἄλλοις κηρύξας αὐτὸς ἀδόκιμος γένωμαι.No, I discipline my body and make it my slave, so that after I have preached to others, I myself will not be disqualified.