Terug na Matteus

Matteus 28

Status van die hoofstuk: konsep

Grondteks & Engels

Sien jy iets wat nie reg is nie? Tik op 'n versnommer om die vers na te gaan of 'n verandering voor te stel.

1Ná die sabbat, toe dit begin lig word teen die eerste dag van die week, het Maria Magdalena en die ander Maria gekom om na die graf te kyk.
aLetterlik: Laat ná die sabbat, met die aanbreek van die eerste van die sabbatte.
Ὀψὲ δὲ σαββάτων, τῇ ἐπιφωσκούσῃ εἰς μίαν σαββάτων, ἦλθεν ⸀Μαριὰμ ἡ Μαγδαληνὴ καὶ ἡ ἄλλη Μαρία θεωρῆσαι τὸν τάφον.After the Sabbath, at dawn on the first day of the week, Mary Magdalene and the other Mary went to see the tomb.
2En kyk, daar het 'n groot aardbewing gekom; want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal, nader gekom en die klip weggerol en bo-op dit gaan sit.
aSommige manuskripte lees: ... en die klip van die deur af weggerol ...
καὶ ἰδοὺ σεισμὸς ἐγένετο μέγας· ἄγγελος γὰρ κυρίου καταβὰς ἐξ οὐρανοῦ ⸀καὶ προσελθὼν ἀπεκύλισε τὸν ⸀λίθον καὶ ἐκάθητο ἐπάνω αὐτοῦ.Suddenly there was a great earthquake, for an angel of the Lord descended from heaven, rolled away the stone, and sat on it.
3Sy voorkoms was soos weerlig en sy kleed wit soos sneeu.ἦν δὲ ἡ εἰδέα αὐτοῦ ⸀ὡς ἀστραπὴ καὶ τὸ ἔνδυμα αὐτοῦ λευκὸν ὡς χιών.His appearance was like lightning, and his clothes were white as snow. 4En van vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.ἀπὸ δὲ τοῦ φόβου αὐτοῦ ἐσείσθησαν οἱ τηροῦντες καὶ ἐγενήθησαν ⸀ὡς νεκροί.The guards trembled in fear of him and became like dead men. 5Maar die engel het geantwoord en vir die vroue gesê: “Moet júlle nie bang wees nie, want ek weet dat julle Jesus, die gekruisigde, soek.ἀποκριθεὶς δὲ ὁ ἄγγελος εἶπεν ταῖς γυναιξίν· Μὴ φοβεῖσθε ὑμεῖς, οἶδα γὰρ ὅτι Ἰησοῦν τὸν ἐσταυρωμένον ζητεῖτε·But the angel said to the women, “Do not be afraid, for I know that you are looking for Jesus, who was crucified. 6Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek soos Hy gesê het. Kom, kyk na die plek waar Hy gelê het;
aSommige manuskripte lees: ... waar die Here gelê het;
οὐκ ἔστιν ὧδε, ἠγέρθη γὰρ καθὼς εἶπεν· δεῦτε ἴδετε τὸν τόπον ὅπου ⸀ἔκειτο·He is not here; He has risen, just as He said! Come, see the place where He lay.
7En gaan gou en sê vir Sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en kyk, Hy gaan voor julle uit na Galilea; daar sal julle Hom sien.’ Kyk, ek het dit vir julle gesê.”
aLetterlik: uit die dooies opgewek.
καὶ ταχὺ πορευθεῖσαι εἴπατε τοῖς μαθηταῖς αὐτοῦ ὅτι Ἠγέρθη ἀπὸ τῶν νεκρῶν, καὶ ἰδοὺ προάγει ὑμᾶς εἰς τὴν Γαλιλαίαν, ἐκεῖ αὐτὸν ὄψεσθε· ἰδοὺ εἶπον ὑμῖν.Then go quickly and tell His disciples, ‘He has risen from the dead and is going ahead of you into Galilee. There you will see Him.’ See, I have told you.”
8En hulle het gou van die graf af weggegaan met vrees en groot vreugde, en gehardloop om dit aan Sy dissipels te vertel.καὶ ⸀ἀπελθοῦσαι ταχὺ ἀπὸ τοῦ μνημείου μετὰ φόβου καὶ χαρᾶς μεγάλης ἔδραμον ἀπαγγεῖλαι τοῖς μαθηταῖς αὐτοῦ.So they hurried away from the tomb in fear and great joy, and ran to tell His disciples. 9En kyk, Jesus het hulle tegemoetgekom en gesê: “Wees gegroet!” Hulle het nader gekom, Sy voete vasgegryp en Hom aanbid.
aSommige manuskripte lees: En terwyl hulle op pad was om dit aan Sy dissipels te vertel, kyk, Jesus het hulle tegemoetgekom.
bLetterlik: Verbly julle.
cOf: voor Hom neergebuig.
⸀καὶ ⸀ἰδοὺ Ἰησοῦς ⸀ὑπήντησεν αὐταῖς λέγων· Χαίρετε· αἱ δὲ προσελθοῦσαι ἐκράτησαν αὐτοῦ τοὺς πόδας καὶ προσεκύνησαν αὐτῷ.Suddenly Jesus met them and said, “Greetings!” They came to Him, grasped His feet, and worshiped Him.
10Toe sê Jesus vir hulle: “Moenie vrees nie. Gaan, vertel My broers dat hulle na Galilea moet gaan, en daar sal hulle My sien.”τότε λέγει αὐταῖς ὁ Ἰησοῦς· Μὴ φοβεῖσθε· ὑπάγετε ἀπαγγείλατε τοῖς ἀδελφοῖς μου ἵνα ἀπέλθωσιν εἰς τὴν Γαλιλαίαν, κἀκεῖ με ὄψονται.“Do not be afraid,” said Jesus. “Go and tell My brothers to go to Galilee. There they will see Me.”
11Terwyl hulle op pad was, kyk, het sommige van die wag in die stad gekom en aan die leierpriesters alles vertel wat gebeur het.Πορευομένων δὲ αὐτῶν ἰδού τινες τῆς κουστωδίας ἐλθόντες εἰς τὴν πόλιν ἀπήγγειλαν τοῖς ἀρχιερεῦσιν ἅπαντα τὰ γενόμενα.While the women were on their way, some of the guards went into the city and reported to the chief priests all that had happened. 12En nadat hulle saam met die oudstes bymekaargekom en beraadslaag het, het hulle 'n aansienlike bedrag silwerstukke aan die soldate gegeeκαὶ συναχθέντες μετὰ τῶν πρεσβυτέρων συμβούλιόν τε λαβόντες ἀργύρια ἱκανὰ ἔδωκαν τοῖς στρατιώταιςAnd after the chief priests had met with the elders and formed a plan, they gave the soldiers a large sum of money 13en gesê: “Sê: ‘Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons geslaap het.’λέγοντες· Εἴπατε ὅτι Οἱ μαθηταὶ αὐτοῦ νυκτὸς ἐλθόντες ἔκλεψαν αὐτὸν ἡμῶν κοιμωμένων·and instructed them: “You are to say, ‘His disciples came by night and stole Him away while we were asleep.’ 14En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom oorreed en julle sonder sorge maak.”καὶ ἐὰν ἀκουσθῇ τοῦτο ⸀ἐπὶ τοῦ ἡγεμόνος, ἡμεῖς πείσομεν ⸀αὐτὸν καὶ ὑμᾶς ἀμερίμνους ποιήσομεν.If this report reaches the governor, we will satisfy him and keep you out of trouble.” 15Hulle het die silwerstukke geneem en gedoen soos hulle geleer is. En hierdie woord is onder die Jode versprei tot vandag toe.οἱ δὲ λαβόντες ⸀τὰ ἀργύρια ἐποίησαν ὡς ἐδιδάχθησαν. Καὶ διεφημίσθη ὁ λόγος οὗτος παρὰ Ἰουδαίοις μέχρι τῆς σήμερον ⸀ἡμέρας.So the guards took the money and did as they were instructed. And this account has been circulated among the Jews to this very day.
16Die elf dissipels het na Galilea gegaan, na die berg wat Jesus vir hulle aangewys het,Οἱ δὲ ἕνδεκα μαθηταὶ ἐπορεύθησαν εἰς τὴν Γαλιλαίαν εἰς τὸ ὄρος οὗ ἐτάξατο αὐτοῖς ὁ Ἰησοῦς,Meanwhile, the eleven disciples went to Galilee, to the mountain Jesus had designated. 17en toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, maar sommige het getwyfel.
aOf: maar hulle het getwyfel.
bOf: het hulle voor Hom neergebuig.
καὶ ἰδόντες αὐτὸν ⸀προσεκύνησαν, οἱ δὲ ἐδίστασαν.When they saw Him, they worshiped Him, but some doubted.
18En Jesus het nader gekom en met hulle gepraat en gesê: “Alle gesag in die hemel en op die aarde is aan My gegee.καὶ προσελθὼν ὁ Ἰησοῦς ἐλάλησεν αὐτοῖς λέγων· Ἐδόθη μοι πᾶσα ἐξουσία ἐν οὐρανῷ καὶ ἐπὶ ⸀τῆς γῆς·Then Jesus came to them and said, “All authority in heaven and on earth has been given to Me. 19Gaan dan, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees,πορευθέντες ⸀οὖν μαθητεύσατε πάντα τὰ ἔθνη, ⸀βαπτίζοντες αὐτοὺς εἰς τὸ ὄνομα τοῦ πατρὸς καὶ τοῦ υἱοῦ καὶ τοῦ ἁγίου πνεύματος,Therefore go and make disciples of all nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 20en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die eeu.”
aSommige manuskripte lees: ... tot die voleinding van die eeu. Amen.
διδάσκοντες αὐτοὺς τηρεῖν πάντα ὅσα ἐνετειλάμην ὑμῖν· καὶ ἰδοὺ ἐγὼ μεθʼ ὑμῶν εἰμι πάσας τὰς ἡμέρας ἕως τῆς συντελείας τοῦ ⸀αἰῶνος.and teaching them to obey all that I have commanded you. And surely I am with you always, even to the end of the age.”